Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

“Kill the Boer” op Potch-kampus: NWU moet standpunt inneem

Die VF Plus voeg sy stem by diegene wat verwag dat die Noordwes Universiteit (NWU) standpunt moet inneem nadat die EFF die omstrede “Kill the Boer”-lied openlik op die Potchefstroom-kampus gesing het.

Hoewel die EFF se optog klaarblyklik veel kleiner was as wat in vooruitsig gestel is, is die voorval steeds ernstig.

Terwyl hulle dié lied luidkeels sing, bestempel hulle AfriForum as ‘n “regse terroriste-organisasie”. Die ironie is dat nie AfriForum of enige Afrikaner-organisasie in hierdie gespanne tyd vra dat enigiemand leed aangedoen word nie – inteendeel.

Indien hierdie optrede vergelyk word met die openbare uitbarsting oor ‘n gewaande “Nazi-saluut” in 2014, is die kontras skreiend. Met daardie geleentheid het veral die Naspers-koerante onder leiding van Beeld se destydse redakteur, Adriaan Basson, die aanslag gelei.

Die direkteur-generaal van hoër onderwys, Gwebs Qonde, het destyds aangedring dat die Noordwes Universiteit moet optree, pleks van verduidelik.

Trouens, uit die verslag het dit geblyk dat die saluut, wat studente geensins met Nasionaal-Sosialisme verbind het nie, beëindig is reeds voor die berigte daaroor verskyn het.

Dit was nadat die destydse kampusrektor, prof. Herman van Schalkwyk, op die sensitiwiteit daarvan gewys het.

Indien die geskiedenis in ag geneem word, rus ‘n dure las op die NWU om self teen gister se EFF-optog standpunt in te neem. Selfs die departement van hoër onderwys kan nie nou agter akademiese vryheid skuil, as dit in 2014 nie van belang was nie.

In die huidige politieke klimaat moet ‘n universiteit teen sulke optrede standpunt inneem, selfs al ag die grondwetlike hof dit nie as haatspraak nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.