Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

NES kan rigting gee aan kleinsakeontwikkeling mits dit op die regte faktore fokus

Die kabinet se vrystelling van die konsep Nasionale Entrepreneurskapstrategie en Implementeringsplan (Nes) vir openbare deelname en insette is ‘n positiewe stap teen werkloosheid.

Die Nes fokus op die deelname van jong persone aan die ekonomie en kan belangrike leiding gee aan gevestigde belangegroepe.

Dit kan ook duidelikheid oor die bevordering van entrepreneurskap gee aan mikro- , klein- en mediumgroot-ondernemings deur middel van mentorskap, die beskikbaarmaking van hulpbronne en opleiding.

Die plan is ook nie net van toepassing op landelike- en swart woongebiede en swart entrepreneurs nie.

Entrepreneurs moet ontwikkel word vanuit alle gebiede en rassegroepe om werklik die ekonomie te ontwikkel en werk te skep.

Kleinsake is die ruggraat van enige ekonomie en beperkende arbeidsregulasies en diskriminerende wetgewing benadeel hierdie sektor op ingrypende wyse.

Entrepreneurs kan straks nie hul ras kies nie, maar kan wel geleer en gehelp word om sakegeleenthede raak te sien.

Die VF Plus doen ‘n beroep op alle voornemende en bestaande kleinsake-ondernemers om hul insette te lewer in hierdie deelnameproses. Dit is belangrik vir die ontwikkeling van die totale ekonomie.

Belanghebbendes kan die departement van kleinsake-ontwikkeling se webtuiste dophou by https://www.dsbd.gov.za sowel as die Staatskoerant om te verneem waar insette gelewer kan word.

Die VF Plus sal ook in ‘n opvolgverklaring meer inligting hieroor bekend maak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.