Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni-burgemeesterskomiteelid het geen behoorlike antwoorde oor kragonderbrekings

Die Ekurhuleni-metro se burgemeesterskomiteelid vir energie, Mzayifani Ngwenya, kon Donderdag tydens ʼn raadsvergadering nie ʼn duidelike antwoord verskaf oor waarom die Wadeville-industriële gebied in Germiston gereeld kragonderbrekings ondervind nie.

Ondernemings kontak die VF Plus gereeld weens kragonderbrekings. Een so ʼn onderneming het reeds aangedui dat indien die onderbrekings voortgaan, hy genoodsaak sou wees om sy arbeidsmag met 300 te verminder.

In reaksie op vrae van die VF Plus, kon Ngwenya net verskonings aanbied.

Oor die maatreëls wat ingestel is om die vlaag kragonderbrekings te voorkom, was die antwoord dat ʼn kabel vervang en herstelwerk aan van die substasies reeds gedoen is.

Daar was geen konkrete plan, tydslyn of strategie nie om die groter probleem reg te stel nie. Dit is ʼn bewys dat die metro van een krisis na die volgende struikel sonder enige vooruitsig op verbetering.

Ngwenya het erken dat die metro verwag dat nywerhede in Wadeville op ‘n WhatsApp-groep vir inligting moet staatmaak. Vir ondernemings wat elke dag miljoene tydens onderbrekings verloor, is dit nie ‘n kommunikasieplan nie, dit is ‘n belediging.

Hy het ook geweier dat die ondernemings se kragrekeninge gekrediteer word vir die tye wat hulle sonder krag is.

Wat sake vererger, is dat Ngwenya erken dat geen formele vergaderings of onderhandelinge met Wadeville-ondernemings plaasgevind het om oplossings te vind nie.

Dit is duidelik dat die metro heeltemal onbekwaam is om Wadeville se kragkrisis aan te spreek.

Hierdie nalatigheid dryf nywerhede uit Ekurhuleni en vernietig die plaaslike ekonomie.

Die VF Plus sal voortgaan om te veg vir Wadeville se ondernemings en werkers, wat betroubare elektrisiteit en verantwoordbare leierskap verdien.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.