Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tshwane-burgemeester skuldig aan minagting van die hof

Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die hooggeregshof dat die burgemeester van die Tshwane-metro, dr. Nasiphi Moya, en die stadsbestuurder, Johann Mettler, skuldig is aan minagting van die hof deur te versuim om ʼn vorige hofbevel na te kom vir die opgradering van die varsproduktemark in Pretoria.

Die instituut vir markagente van Suid-Afrika (IMASA) het die hofsaak teen die burgemeester en stadsbestuurder gebring weens die Tshwane-metro se versuim om ʼn hofbevel na te kom wat vereis dat R18 miljoen in die opgradering van die Tshwane-varsproduktemark belê word.

Regter Mmonoa Teffo het op 11 Augustus die metro, Moya en Mettler skuldig bevind aan minagting, met ’n opgeskorte een maand gevangenisstraf vir een jaar, mits hulle binne 30 dae aan die bevel voldoen.

Die bevel vereis dat die metro ʼn herstelplan vir die markperseel binne 30 dae moet verskaf.

Die goedgekeurde herstelplan moet die implementering rakende herstelwerk van brand- en rookopsporing, elektriese aansluitings, geriewe, sekuriteit, hysbakke, sanitasie en vullisverwydering insluit.

Dit is betreurenswaardig dat die burgemeester en stadsbestuurder deur ʼn hofbevel tot aksie gedwing moet word.

Hierdie nalatigheid wys op ’n ernstige gebrek aan leierskap.

Die VF Plus dring aan op verantwoordbaarheid en sal alles in sy vermoë doen om te sorg dat die hofbevel uitgevoer word tot voordeel van Tshwane-metro se inwoners.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.