Ons, die ondergetekendes, versoek hiermee die volgende van die Speaker van die Stad Tshwane-raad:
- Dat die Stad Tshwane die verklaring van Streek 4 as ’n plaaslike ramptoestand GOEDKEUR in ooreenstemming met die Wet op Rampbestuur (Hoofstuk 5, bladsy 75, Wet 55 – Verklaring van Plaaslike Ramptoestand).
- Dat die verklaring van die plaaslike ramptoestand aangeteken en in die Provinsiale Koerant gepubliseer word.
- Dat die burgermeesterskomiteelede vir menslike nedersettings, nutsdienste, en vir paaie en vervoer gesamentlik ’n omvattende oudit van alle sinkgate en hul oorsake in Streek 4 binne 14 werksdae ter tafel lê.
- Dat noodbegrotingstoekennings goedgekeur word vir onmiddellike risikovermindering, insluitend geotegniese assesserings, gemeenskapsveiligheidsintervensies en infrastruktuurherstelwerk.
- Dat die uitvoerende burgemeester dringend met die Gautengse provinsiale regering en die Nasionale Tesourie in verbinding tree om addisionele befondsing vir langtermyninfrastruktuurvervanging te bekom, veral van die asbespypnetwerk wat een van die oorsake van sinkgate is.
- Dat ’n haalbaarheidstudie gedoen word om die koste om alle sinkgate te herstel sodra die vervalle infrastruktuur herstel is, te bepaal.
Deur hierdie petisie te onderteken, erken ek dat dit ’n openbare dokument sal word en dat al die inligting daarin vervat vir die publiek beskikbaar sal wees.
Verklaar plaaslike ramptoestand in Streek 4 (Stad Tshwane) weens wydverspreide sinkgate
"*" indicates required fields


