Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Noord-Kaapse begrotingsdebat: VF Plus steun premier se begroting met huiwering, stem teen die wetgewer se begroting

Die Noord-Kaapse wetgewer het Donderdag die begrotingsposte van die premier, sowel as die wetgewer self gedebatteer. In die geval van die wetgewer het die VF Plus teen die begroting gestem en in die geval van die premier daarvoor, hoewel met ernstige voorbehoude.

Hierdie twee begrotingsposte is die spil waar rondom die hele provinsiale regering draai.

Die wetgewer se belangrikste funksie is oorsig oor departemente en plaaslike owerhede. Tog kan dit hierdie taak nie na behore uitvoer nie weens begrotingstekorte.

Dit is al jare die VF Plus se standpunt dat die billike verdeling van inkomste nie alleenlik op ‘n provinsie se bevolkingsgrootte bereken kan word nie, maar ook die oppervlak in ag moet neem.

Die gevolge van oorsig wat grootliks vanuit kantore in Kimberley geskied, is daarin te sien dat slegs 2 van die 30 munisipaliteite skoon oudits ontvang het.

Gesondheidsdienste, veral klinieke en afgeleë hospitale, is nie net swak nie, dit is ook lewensgevaarlik vir die provinsie se mees kwesbare inwoners.

Aangesien die wetgewer sy kernfunksie nie met die huidige begroting kan nakom nie, stem die VF Plus teen die begroting.

In die geval van die premier, is hy en sy kantoor veronderstel om die finale verantwoordelikheid vir regering in die provinsie te stel.

Die VF Plus dring daarop aan dat die premier se kantoor ‘n jaarlikse prestasie-oudit van elke departement onderneem; dat daadwerklike ingryping in die departement van gesondheid volg; en dat sleutelrolspelers byeenkom om plaaslike regering weer in werkende toestand te bring.

Die VF Plus ondersteun die premier se begroting, maar met groot huiwering.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.