Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni moet dadelik aandag skenk aan nuutgevormde sinkgat

Die VF Plus het die Ekurhuleni-metro versoek om dringend aandag te gee aan die nuutgevormde sinkgat in Snakeweg, Benoni en dit nie bloot te ignoreer soos met die ander sinkgate nie.

Dié sinkgat is sowat ʼn week gelede opgemerk

Die vermoede bestaan dat dit weens onwettige mynbedrywighede ontstaan het.

Die VF Plus het die polisie en die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) hiervan in kennis gestel.

Die spesifieke sinkgat moet weens sy ligging langs die besige N12-roete, wat duisende motoriste daagliks gebruik, prioriteit geniet.

Die versuim om daaraan aandag te gee, stel motoriste se lewe in gevaar.

Die VF Plus sal die situasie monitor en druk op die metro plaas om daadwerklik aandag aan die situasie te gee.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.