Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Herdenking van Kerkstraatbom veral betekenisvol in 2025

Die onthou van die Kerkstraatbom wat op 20 Mei 1983, 42 jaar gelede, 19 onskuldige mense se lewe geëis het en 217 mense ernstig vermink het, is vanjaar veral betekenisvol midde in die wisselvallige politieke klimaat wat tans in Suid-Afrika heers.

Terreur en geweld is nooit die antwoord vir enige politieke uitdaging nie en ‘n lafhartige daad soos die bom in Kerkstraat waar onskuldige mense die teiken was, is onverskoonbaar.

Tog het Suid Afrikaners aan beweeg en begin aanpas in die post-1994 Suid-Afrika. Die ANC-regering beskik egter ongelukkig oor geen ander politieke kapitaal as blaamverskuiwing en verdeling nie.

Hierdie politieke kultuur is ook oorgedra aan partye soos die EFF en MK wat uit die ANC ontstaan het en alle verteerbare perke van ontwrigtings- en verdelings aansprake oorskry.

Suid-Afrika benodig ‘n nuwe bedeling en moet korrupte politieke leiers wat verdeeldheid, aggressie en haat aanblaas by die stembus verslaan.

Die VF Plus beywer hom vir ‘n beter toekoms wat die bestaan en regte van kultuurgemeenskappe sal erken en beskerm en die vryemark-ekonomie sal uitbou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.