Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus stel veranderings voor aan Johannesburg-konsepbegroting

Die VF Plus het vandag  vergader met die Johannesburgse metroraad se burgemeester, Dada Morero en die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Margaret Arnolds, en verskeie veranderings aan die metro se konsepbegroting vir die 2025/26-finansiële jaar voorgestel.

Die party het benadruk dat hy nie die konsepbegroting soos dit tans daar uitsien, sal steun nie.

Die konsepbegroting is vir openbare deelname beskikbaar en die party moedig inwoners aan om hul insette te lewer.

Die VF Plus is van mening dat die voorgestelde tariefverhogings buitensporig is en dat  inwoners dit nie kan bekostig nie.

Die VF Plus het voorgestel dat daar geen verhoging in eiendomsbelasting is nie en dat die verhoging vir sanitasie en vullisverwydering beperk word tot 4,6%.

Die verhoging van 12,7% wat Nersa aan Eskom toegestaan het en die verhoging van Randwater se watertarief van 13,9% sal ongelukkig wel aan die verbruiker deurgegee moet word. Die metro het geen beheer daaroor nie.

Verder is voorgestel om die kapitaalbesteding aan waterinfrastruktuur te verhoog van R1,291 miljard tot R1,819 miljard en die besteding aan kraginfrastruktuur van R1,532 miljard tot R1,680 miljard.

Dit is ‘n goeie begin om die agteruitgang van infrastruktuur te stuit en die vermorsing van veral water te verminder.

Tans maak die begroting voorsiening vir ʼn afname in kapitaalbesteding van R7,7 miljard tot R7,2 miljard terwyl infrastruktuur in duie stort.

Die party het voorgestel dat die totale kapitaalbesteding verhoog van R7,7 miljard tot R8,09 miljard. 

Die leningsbedrag om kapitaalprojekte te befonds word in die huidige konsepbegroting verhoog van R2,7 miljard tot net meer as R3 miljard. Die metro kan net nie meer die verhoogde skuldlas bekostig nie.

Die VF Plus se voorstel is om die leningsbedrag te beperk tot R2,5 miljard wat R200 miljoen minder is as in die 2024/25-boekjaar.

Al hierdie voorstelle kan befonds word deur kostebesparings, sonder dat die inwoners daarvoor betaal. Hierdie voorgestelde aanpassings skep hoop, sal werkskepping bevorder en sal byval vind by al die inwoners.

Die burgemeester het na afloop van die vergadering genoem dat hy die VF Plus se voorstelle in ag sal neem en binnekort ʼn tweede vergadering sal belê om voorgestelde aanpassings verder te bespreek.

Die VF Plus is daartoe verbind om die verval in Johannesburg te stuit, en die stad ‘n beter plek vir almal te maak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.