Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Verset is nodig teen diskriminerende, rasgegronde wette

Vandeesweek se publisering van die regulasies wat gevolg gee aan die Wet op Billike Indiensneming, wys dit is nodig om op te staan teen drakoniese rasgegronde wette ter bevordering van swart ekonomiese bemagtiging (SEB).

Hoe meer die skade van SEB sigbaar raak – veral wat ekonomiese verval en werkloosheid aanbetref – hoe vaster kleef die ANC daaraan.

Die tyd vir rasgegronde wette en regulasies soos hierdie is verby en om daarmee te volhard, is absurd. Die feit dat veral swart werkloosheid sedert 2008 meer as verdubbel het, gaan klaarblyklik by die ANC-verby.

Hierdie regulasies is niks anders nie as die uitbreiding van die teen produktiewe, drakoniese oorregulering van die arbeidsmark. Die beste barometer waaraan dit gemeet kan word, is Suid-Afrika se ekonomie, en dit laat geen twyfel bestaan oor die mislukking daarvan nie.

Samelopend hiermee is die feit dat ministers steeds seggenskap het oor sektorale vasstellings in die ekonomie wat ewe absurd en skadelik is.

Statistieke Suid-Afrika en die Gini-koëffisiënt toon jaar aan dat Suid-Afrika inkomste gewys toenemend een van die mees ongelyke lande in die wêreld is. Ook dit hoor of sien die ANC blykbaar nie.

Die VF Plus doen ‘n beroep op alle privaatsektor-werkgewers om, soortgelyk aan wettige belastingvermyding, alles in hul vermoë te doen om ook hierdie wetgewing en regulasies op ‘n wettige wyse te omseil.

Hierdie optrede van die ANC wat teen alle logika en billikheid teenoor minderhede indruis, word op ‘n manier legitimiteit verleen deur die slagoffers wat dit reeds vir dertig jaar sonder stamp of stoot aanvaar.

Net so het die ANC het lank reeds aanvaar minderhede se reaksie op onderdrukking is om harder te werk en meer tegemoetkomend te wees. Dit kan nie so voortgaan nie.

Dit is die publiek se reg om op ‘n billike en wettige wyse op te staan teen institusionele onderdrukking.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.