Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se dienslewering het só verval dat vullisverwydering in Vanderbijlpark net elke 14 dae geskied.
Emfuleni het slegs drie vullisverwyderingstrokke beskikbaar om ʼn gebied van 966km2 te bedien.
Dit terwyl 21 trokke is nodig om die huishoudelike afval weekliks te verwyder.
Die 18 onbeskikbare vullisverwydering trokke is òf stukkend òf kontrakteurs het herstelwerk gestaak weens onbetaalde rekeninge.
Inwoners van Vanderbijlpark moet 30km ver buite die dorp ry om rommel by ʼn gemagtigde stortingsterrein af te laai.
Mense is in die verlede daar aangeval wat dit gevaarlik maak om die terrein te besoek.
Belastingbetalers in woongebiede met ʼn invorderingskoers van 100%, het ook by die Emfuleni-belastingbetalersvereniging aangesluit en weerhou hul dienstegeld.
Die VF Plus kan nie belastingbetalers kwalik neem vir die drastiese stap nie, maar dit verarm die munisipaliteit verder.
Baie inwoners maak al hoe meer van klein ondernemings gebruik om vullis te verwyder.
Vullis word ook langs paaie en oop stukke veld gestort waarna dit aan die brand gesteek word.
Dit belemmer die sig en hou ʼn gevaar vir motoriste in.
Die VF Plus het die Emfuleni-munisipaliteit gewaarsku om die wanbestuur te stop. Die gebrek aan vullisverwydering veroorsaak ʼn gesondheidsrisiko vir inwoners en lei tot ʼn infestasie van rotte en kokkerotte.
Dit is tyd om van die ANC in Gauteng ontslae te raak in die komende verkiesing en te vervang met ʼn koalisieregering waarvan die VF Plus deel is.
Saam kan ons Gauteng herstel en bou.


