Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom uitspraak oor Mapisa-Nqakula

Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria teen die aansoek van die speaker van die Nasionale Vergadering (NV), Nosiviwe Mapisa-Nqakula, om ʼn tussentydse bevel teen haar inhegtenisneming te bekom.

Indien so ʼn versoek toegestaan is, sou dit die strafregstelsel ondermyn het.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat is besig om bewerings te ondersoek dat Mapisa-Nqakula tydens haar termyn as minister van verdediging en militêre veterane voordeel getrek het uit omkoopgeld van miljoene rande.

Mapisa-Nqakula kan nie spesiale behandeling verwag omdat sy speaker van die NV is nie. Nie sy of enigiemand anders in Suid-Afrika is verhewe bo die reg nie.

Sy moet nou so gou doenlik in hegtenis geneem word en dan soos enige ander gewone landsburger aansoek doen om borgtog.

Hierdie moet ook dien as voorbeeld vir ander politici en hooggeplaaste persone dat niemand die wet kan oortree en dink dat hulle daarmee kan wegkom nie.

Die VF Plus sal ʼn mosie van wantroue in die NV teen Mapisa-Nqakula steun.

ʼn Speaker dien as simbool van integriteit, eerlikheid, respek en verantwoordbaarheid van die parlement en dit is nou in die gedrang gebring.

Sy kan nie langer as speaker van die NV dien nie en behoorlik die eerbare weg te kies en self te bedank.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.