Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Regsfirmas wat Tshwane verteenwoordig onder vergrootglas

Die VF Plus het tydens ʼn raadsvergadering van die Tshwane-metroraad gevra dat die gehalte van die eksterne regsfirmas waarvan die metro gebruik maak, onder die vergrootglas geplaas word.

Dié versoek kom na aanleiding van ʼn verslag van die metro se portefeuljekomitee vir korporatiewe dienste wat op 30 November voor die raad gedien het.

Luidens die verslag is ʼn paneel van 15 regsfirmas vir die periode vanaf 1 Junie 2021 tot 30 Junie 2022 aangestel en is intussen nog nie weer hersien nie.

Uit ʼn totaal van 108 hofsake waarin die metro betrokke was, het die metro met net 21 geslaag en 74 verloor. In dertien hofsake is ʼn skikking bereik.

Die regskostes vir die 74 sake wat verloor is, het die metro altesaam R1 569 968,49 uit die sak gejaag.

Die vraag ontstaan dus of die regsfirmas bekwaam genoeg is om die metro te verteenwoordig.

Dit blyk ook uit die verslag dat vyf van die regsfirmas waarvan die metro gebruik maak, nie binne die grense van Tshwane geleë is nie.

Die party is van mening dat die metro eerder plaaslike regsfirmas se dienste moet gebruik en dat die huidige paneel hersien word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.