Gert Muller, VF Plus-raadslid in die Maquassi Hills-plaaslike munisipaliteit (Wolmaransstad, Makwassie, Leeudoringstad en Witpoort) is verlede week deur Agri-Wolmaransstad vereer vir sy โ uitstaande en onbaatsugtige diens aan die gemeenskap van Wolmaransstadโ.
Benewens sy leidende rol as raadslid in die oplos van munisipale diensleweringskwessies, is sy bydraes tot gemeenskapsprojekte en -organisasies in die omgewing welbekend.
Plaaslike skole, kerke, tehuise vir bejaardes en inwoners regoor die Maquassi Hills-munisipale gebied, het al baat gevind by Gert se vermoรซ om op sy stil manier probleme doeltreffend op te los en bystand te lewer.
Die VF Plus waardeer hierdie gebaar van erkenning aan ล ware steunpilaar in die gemeenskap. Sulke erkenning aan persone wat onbaatsugtig bydra tot die opheffing van gemeenskappe is belangrik.
Kenmerkend van baie sulke leiersfigure is die feit dat hulle soms ongesiens agter die skerms werk en nie bloot betrokke raak om in die kollig te beland nie.
Gert Muller vergestalt by uitstek die VF Plus se credo vir openbare ampsdraers wat โvir die saak, en nie vir die sak nieโ, werk.
Die VF Plus is trots op sy raadslede wat die belange van hul gemeenskappe bo eiebelang stel.


