Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Slagoffers van huishoudelike geweld in Mpumalanga het geen veilige hawe weens wanbestuur van maatskaplike ontwikkeling

Die VF Plus veroordeel die feit dat Mpumalanga se departement van maatskaplike ontwikkeling (DMO) vir etlike jare aan al vier subprogramme van die herstellendediensteprogram vir veilige hawens vir vroue en kinders, onderbestee.

Geweld teen vroue bly 'n groot probleem in Mpumalanga.

Navorsing dui daarop dat geweld tussen persone in ‘n verhouding die tweede hoogste oorsaak van siektes en beserings in die provinsie is. Daarom is dit baie kommerwekkend dat daar net veertien veilige huise vir vroue in Mpumalanga is en almal is onderbefonds.

Die departementshoof, mnr. Mxolisi Mahlalela, het teenoor die VF Plus erken dat dit 'n probleem is wat dringende aandag verg.

Departementele verslae toon aan dat DMO-befondsing van skuilings wat deur nie-winsgewende organisasies bestuur word, sedert 2015 onvoldoende, inkonsekwent en dikwels vertraag is. Vroue in hierdie skuilings het ernstige gesondheids- en regsondersteuningsbehoeftes.

Die meerderheid van hierdie vroue bly ekonomies kwesbaar wanneer hulle die skuilings verlaat.

Befondsingsbeperkings beperk die vermoë van hierdie veilige hawens om omvattende dienste aan vroue en kinders te verskaf.

Indien die regering werklik ernstig is om doeltreffend te handel met geweld teen vroue en kinders, dan moet hy seker maak dat veilige hawens wat dienste namens die regering lewer, voldoende befondsing ontvang om dit te doen.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.