fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien klag by OB in na Dipaleseng in gebreke bly om korrupsieverslag se aanbevelings uit te voer

Die VF Plus het 'n klag by die openbare beskermer (OB) in Mpumalanga ingedien omdat 'n verdoemende artikel 106-verslag oor die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Balfour, Greylingstad, Grootvlei) se aanbevelings al vir 179 dae geïgnoreer word.

Dié verslag is reeds is op 10 Februarie 2022 aan die Dipaleseng-raad oorhandig vir uitvoering. Daar was tot dusver egter geen optrede nie.

Die verslag handel oor verskeie onreëlmatighede. Die sake genoem in die verslag verg geen verdere ondersoek nie. Die aanbevelings moet net uitgevoer word.

Aanbevelings sluit in die heropleiding van personeellede, dissiplinêre stappe wat geneem moet word, strafregtelike vervolgings en siviele aksies om geld te herwin.

Alhoewel daar tot dusver wel 'n subkomitee aangestel is om met die uitvoering te handel, is geen van die bogenoemde aksies verder geneem nie.

Sedertdien het die VF Plus die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), mnr. Mandla Ndlovu, gevra om in te gryp. Ook dit het tot dusver geen sigbare resultate nie.

Die VF Plus versoek die volgende van die OB:

• Ondersoek die nienakoming van die voorgestelde aanbevelings en oplossings soos in die verslag uiteengesit;
• Maak 'n bevinding met betrekking tot die nie-uitvoering van die verslag;
• Ondersoek die aanstelling van mnr. Kent Nyamade as voorsitter van die munisipale openbare rekeninge-komitee. Ten spyte van bevindinge teen Nyamade in die verslag, het die nuwe burgemeester, Khethiwe Moeketsi, hom weer as die voorsitter van die komitee aangestel.

Indien diegene wat uitgewys word nie verantwoordelik gehou word nie, dui 'n artikel 106-verslag nie net op vermorsing nie, dit is op sigself 'n vermorsing van hulpbronne. Die OB kan help om die gewone landsburger se vertroue in openbare prosesse te herstel.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.