Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Nie net korrupsie nie, maar ANC-beleid die oorsaak van padkrisis in Vrystaat

Die ANC-regering en sy beleid is die grootste oorsaak van die swak toestand van paaie in die Vrystaat.

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het die week tydens sy Vala Zonke-padprojek erken dat korrupsie die Vrystaat se padinfrastruktuur belemmer.

Die probleem lê egter veel dieper as wat die minister wil erken. Vrystaatse paaie word reeds vir etlike jare deur die provinsiale regering verwaarloos weens korrupsie, maar ook weens die aanwysing van kontrakteurs wat nie die werk kan verrig nie en ook ‘n beleidsraamwerk wat nie infrastruktuur prioritiseer nie.

Politieke en bestuursonstabiliteit in die departement van polisie, paaie en vervoer dra verder by tot die talle padprojekte wat sloer om afgehandel te word.

Die ANC vergeet gerieflikheidshalwe hoe die provinsie honderde miljoen rand se voorwaardelike toekennings vir paaie vanaf die nasionale regering verloor het weens onbekwame kontrakteurs wat faal om projekte te voltooi.

Dit is ook die ANC-regering wat nie infrastruktuur-instandhouding as prioriteit ag nie. Minder as 7% van die totale Vrystaatse begroting is vanjaar vir dié departement begroot.

Die ANC probeer om korrupsie as ‘n normale verskynsel in die samelewing af te maak. Dit is nie normaal dat die Vrystaat weens die ANC se swart ekonomiese bemagtigingsbeleid as dekmantel vir korrupsie miljoene rande wat vir herstelwerk bedoel was, verloor het weens stadige of geen werk wat gedoen is nie.

Vrystaatse padgebruikers verdien ‘n regering wat infrastruktuur, soos paaie as prioriteit ag.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.