Basiese onderwys in Suid-Afrika is in 'n krisis en daardeur sê ek nie dat daar nie programme moet wees wat spesifiek gerig is op arm kinders en gesinne om te verseker dat die werking van onderwys verbeter nie, het dr. Pieter Groenewald, VF Plus-voorsitter van die VF Plus, gesê.
Dr. Groenewald het tydens die debat in die parlement oor die programme vir arm kinders om basiese onderwys te verbeter gesê dat daar genoeg geld van die belastingbetaler beskikbaar is om te verseker dat elke kind in Suid-Afrika basiese onderrig behoort en te kan ontvang.
“En dan vrae ek myself die vraag af hoekom daar soveel skoolkinders gedurende skooltyd nie by die skool is nie, maar buite rondloop. Ons kan hoeveel geld in programme instoot om te sê kinders moet by die skole wees, maar dit gaan hier ook oor 'n opvoedingstaak.
“'n Opvoedingstaak wat begin by die ouers, by die gemeenskap. Want daar is dalk te veel ouers wat reken dat die opvoedingstaak berus by die skool en by die onderwysers. Daarom is my pleidooi ons moet begin fokus op die werklike probleme van basiese onderwys. En die werklike ander probleem is die gehalte van onderwys. Statistiek wys op die einde van die dag daar is bitter min kinders wat deur universiteitsvlak gaan om hul kwalifikasies te verkry om sodoende 'n bydra te lewer tot die Suid-Afrikaanse ekonomie.
“En dit is ook hoekom dit met die ekonomie gaan soos wat dit gaan omdat ons mense kry wat sê hulle is gekwalifiseerd om 'n werk te kan doen, maar werkgewers ervaar in die praktyk iets anders. Daar moet indringend gekyk word na die gehalte van basiese onderrig.
“As ons praat oor die kinders moet ons vir onsself afvra wat is die skoolbywoning van die onderwysers? Hoeveel tyd spandeer hulle in die klaskamers, hoeveel werk doen hulle wat hulle veronderstel is om te doen in die klaskamer of is dit 'n gerieflike verskoning om ons kinders te oorlaai met huiswerk omdat van die onderwysers nie hulle werk doen nie. En daar is uitstekende onderwysers en skoolhoofde in SA maar in hierdie debat en in hierdie parlement sal daar indringend aandag gegee moet word aan die gehalte en die optrede van onderwysers.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403


