Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Merafong-munisipaliteit (Fochville en Carletonville) stort in duie

Die Merafong-munisipaliteit (Fochville en Carletonville) is besig om die stryd teen totale agteruitgang te verloor en inwoners word gemaan om hulself daarop voor te berei.

Ben van der Berg, VF Plus-raadslid in Merafong, sê hy praat gereeld met lede van die burgemeesterskomitee oor die vinnige agteruitgang van die dorpe, maar sonder sukses.

“Ek het verlede week gedurende ‘n infrastruktuurkomitee-vergadering die betrokke burgemeesterslid op al die probleme gewys. Hy het belowe om daadwerklik op te tree en ook terug te rapporteer. Niks het gebeur nie.

“Een van die hoof-mangate naby ‘n waterkanaal wat water aan Carletonville, Blyvooruitsig en Watersedge voorsien, is vir langer as ‘n maand al verstop.

“In een geval vloei besoedelde water vanuit ‘n verstopte drein direk in die kanaal. Kanaalwater vloei uiteindelik in die Wonderfonteinspruit.

“Inwoners skakel my gereeld en vra antwoorde. Hulle wil weet wanneer die munisipaliteit se werkspanne die situasie gaan oplos. Met die traak-my-nie-agtige-houding vererger die munisipaliteit die situasie en ‘n gesondheidsramp is nie uitgesluit nie,” sê Van der Berg.

Kontaknommer: 084 208 2416

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.