Die VF Plus verwelkom die skrywe van die Menseregtekommissie (MRK) aan die munisipaliteite van Nylstroom-Naboomspruit en Thabazimbi waarin elke munisipaliteit ‘n tydperk van dertig dae gegee word om formeel te antwoord op die MRK se bevindings oor rioolbesoedeling in die gebiede.
Die MRK het positief gereageer op klagte van die VF Plus oor die besoedeling van die Rooikuil-, Krokodil- en Nylrivier en die wanbestuur van munisipale stortingsterreine.
Die MRK het ook met die kantore van die premier, Chupu Stanley Mathabatha, en die direkteur-generaal van Limpopo, Nape Nchabeleng, gekorrespondeer oor die aangeleentheid.
Die VF Plus sal aanhou veg vir die reg van inwoners om in ‘n gesonde omgewing te leef en werk.
Kontaknommer: 066 024 4623


