Die skokkende voorval vandeesweek in Vryburg waar die speaker en burgemeester onder meer met ‘n mes aangeval is tydens ‘n raadsitting, maak dit duidelik dat die ANC totaal beheer verloor het in raadsale se werksaamhede en nie die vermoë het om orde te handhaaf nie.
Die aanval is uitgevoer deur lede van SAMWU, ‘n filiaal van Cosatu. Indien die toenemende wetteloosheid in gemeenskappe nou reeds oorspoel na munisipale raadsale en raadslede blootgestel word aan sulke barbaarse aanvalle, het Suid-Afrika inderdaad ‘n krisis op hande.
Die voorval is tekenend van ‘n regering wat skynbaar beheer verloor het oor alle regeringsvlakke en met minagting bejeën word deur groot dele van die bevolking.
Wetsgetroue inwoners van Noordwes word toenemend gyselaar gehou deur misdadige elemente in die ANC-alliansie wat klaarblyklik daarop uit is om ‘n eens voorspoedige en vreedsame gemeenskap in chaos en anargie te dompel.
Kontaknommer: 079 409 8342


