fbpx
Vryheidsfront Plus

Politieke uitsprake vererger plaasaanvalle

Deeglike intelligensie en vinnige optrede deur lede van die polisie se openbare orde- en honde-eenheid op Bethlehem in die Vrystaat om ‘n moontlike plaasaanval naby Fouriesburg te fnuik, moet geprys word.

Dit is egter kommerwekkend dat twee van die aanvallers glo voormalige polisielede is en dat al meer aanvalsvuurwapens, soos R1-gewere, in sulke aanvalle gebruik word.

Dit wil voorkom of daar ‘n toename in plaasaanvalle in die aanloop tot, en na afloop van die verkiesing was. Die regerende party en sekere ander partye se roekelose uitsprake met betrekking tot grond en onteiening is daarom uiters onverantwoordelik.

Daar is geen politieke wil om boere en hul werkers te beskerm en by te staan nie. Goedkoop verkiesingsretoriek het tewens die probleem vererger.

Die VF Plus sal aanhou om druk op die uitvoerende gesag te plaas om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar, aangesien dit die verskillende instellings verantwoordelik vir die veiligheid van ons landbougemeenskap sal dwing om spesifieke hulpbronne en aksiestappe daarvoor toe te wys.

 

Kontaknommer: 083 743 2042

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.