Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-LPW besoek Laerskool Kenmare in Krugersdorp

Die VF Plus se me. Amanda de Lange, lid van die Gautengse provinsiale regering (LPW), het Laerskool Kenmare in Krugersdorp vandeesweek besoek as ‘n gebaar van simpatie na die afsterwe van ‘n graad 4-leerling van dié skool.

Die besoek het die VF Plus met groter besorgdheid gelaat oor die welstand van leerlinge aangesien meer as ‘n derde van die leerlinge vandeesweek afwesig was weens ‘n griepvirus.

Sedertdien het die media ook oor ander skole in die provinsie berig waar leerlinge met soortgelyke simptome gehospitaliseer is.

Die VF Plus vertrou dié siekte sal met die aanbreek van die derde kwartaal uitgewoed wees en dat leerlinge gesond genoeg sal wees om skool by te woon.

Dit is belangrik dat skole en selfs die departement van onderwys ouers waarsku om hul kinders vroegtydig na klinieke te neem vir inenting as ‘n voorkomende maatreël in afwagting op die griepseisoen.

Die VF Plus gaan die Gautengse departemente van onderwys en gesondheid vra om ‘n aksieplan saam te stel om hierdie situasie in die toekoms te vermy.

 

Kontaknommer: 071 604 9498

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.