fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-onvermoë ontneem inwoners van grondwetlike reg op water

Die Vrystaatse departement van samewerkende regering en tradisionele sake se swak bestuur van munisipaliteite wat onder Artikel 139-administrasie geplaas is, het ‘n negatiewe effek op inwoners van Brandfort en Theunissen wat reeds drie dae sonder water is.

Dié watertekort volg nadat die munisipaliteit nie sy rekening vir elektrisiteit by die waterpompe van suiweringsaanlegte op die dorpe betaal het nie. Water is beskikbaar in die dorpe, maar word weens ‘n administratiewe en tegniese fout nie gepomp nie.

Intussen wag Eskom op ‘n amptelike onderneming van die munisipaliteit en die provinsiale regering om die rekening te betaal voordat die elektrisiteit weer aangeskakel kan word.

Die VF Plus is reeds in gesprek met munisipale amptenare en die departement om te verseker dat die probleem dringend aandag geniet.

Inwoners is nou die slagoffers van swak administrasie deur die departement en munisipaliteit. Die ANC ontneem inwoners hul grondwetlike reg op toegang tot water weens die onvermoë van amptenare wat nie basiese finansiële en administratiewe verantwoordelikhede nakom nie.

Die VF Plus is besig om druk te plaas op die departement en munisipaliteit om aan inwoners die dienste te bied wat hulle verdien en oorweeg verdere stappe om die probleem aan te spreek indien nodig.

 

Kontaknommer: 083 272 8664

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.