fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra vir ‘n forensiese oudit van JB Marks-plaaslike munisipaliteit

Om die JB Marks-plaaslike munisipaliteit onder administrasie te plaas, is nie die oplossing vir die dorpe wat dit bedien, Potchefstroom en Ventersdorp, se probleme nie.

Die VF Plus het al herhaaldelik aangedring op ‘n forensiese oudit van die dorp se finansies. Die oudit is nodig sodat ongerymdhede nie onder die mat ingevee kan word nie, en sodat die mense wat verantwoordelik is vir die munisipaliteit se finansiele verknorsing, aanspreeklik gehou kan word.

Indien so ‘n ondersoek enige vergrype of wanbestuur sou blootlê, sal die VF Plus daarop aandring dat gepaste geregtelike stappe teen die skuldiges geneem word.

Indien die stadsraad onder administrasie geplaas word, soos wat nou aanbeveel is, sal die foute van die verlede net weer herhaal word.

Die VF Plus het al voorheen die burgermeester, speaker en die munisipale bestuurder van die munisipaliteit en selfs die provinsiale wetgewer genader vir ‘n oudit, maar die versoek is telkens geïgnoreer.

Die VF Plus sal ‘n mosie indien dat ‘n forensiese ondersoek dringend gedoen word om te voorkom dat die munisipaliteit totaal in duie stort. Munisipaliteite wat onder administrasie geplaas is, kon nog nooit suksesvol reggeruk word nie.

Die diep verdeelde ANC in die Noordwes gebruik die dekmantel van administrasie om sy verdeelde koukus in JB Marks te beheer, ten koste van dienslewering en die regte en belange van die inwoners van Potchefstroom en Ventersdorp.

Kontaknommer: 083 292 1157

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.