Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Gauteng se Departement van Gesondheid stort nou letterlik in duie

Die Gauteng se Departement van Gesondheid is nou letterlik besig om in duie te stort. Die chaotiese toestand wat tans by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg heers, volg kort op die hakke van die Esidimeni-slagting wat in Gauteng afgespeel het.

Volgens berigte het die vloer ineengestort na struktuele herstelwerk aan waterlekke op die vyfde vloer. Die kontrakteur het nooit die bourommel verwyder nie en dit het die ineenstorting veroorsaak.

Die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr Philip van Staden, het in reaksie op die jongste gebeure gesê dat die betrokke kontrakteur dadelik ondersoek moet word en dat daar vasgestel moet word of hy wel bevoeg is vir sulke tipe herstelwerk, Volgens die party word te veel kontrakteurs in Gauteng aangestel wat nie bevoeg is om die werk te doen nie of nie die nodige fondse het om die werk ordentlik af te handel nie. Van Staden het gesê dat hy bevrees is dat daar nog sulke tragedies kan volg omrede die Departement van Infrastruktuur Ontwikkeling nie die nodige ondersoek doen alvorens die regte kontrakteurs aangestel word nie.

"Ons hoor te veel in komitees dat werk sloer of nie ordentlik gedoen word nie weens kontrakteurs wat nie bevoeg is nie of finansiële probleme ondervind in die middel van ‘n kontrak. Dus staan die werk stil terwyl die provinsiale regering moet hof toe hardloop om die kontrak op te skort en nuwe maatskappye aan te stel."

Die VF Plus is bevrees dat die nagmerrie in die provinsiale Gesondheidsdepartement nog nie verby is nie en dat dit nog veel erger gaan raak. Die Esidimeni-slagting was net die begin van vele vrot wurms wat nog uit die blik gaan kruip.

"Die VF Plus gaan vrae rig aan die LUR van Infrastruktuur Ontwikkeling oor die jongste gebeure."

 

Tel: 084 015 4722 / 060 556 4347 / 012-772 4410

Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.