fbpx
Vryheidsfront Plus

Misdaadvoorkomingsindaba in Ray Nkonyeni kom op regte tyd

‘n Misdaadvoorkomingsindaba wat die Ray Nkonyeni-plaaslike munisipaliteit (RNM) vandeesweek op Port Shepstone aangebied, is net op die regte tyd om bewusmaking oor groeiende korrupsie en misdaad in die munisipaliteit aan te wakker. Verskeie belanghebbendes soos die RNM-belastingbetalersvereniging, gemeenskappolisiëringsforums (GPF’s), sekuriteitsmaatskappye, landbouverenigings, die nasionale vervolgingsgesag (NVG) en die departement van binnelandse sake het die indaba bygewoon. […]

VF Plus-medelye met moord op egpaar van Port Shepstone

Die VF Plus wil hiermee sy meegevoel uitspreek met die naasbestaandes van die egpaar Murray (67) en Julie Ross (60) van Umtentweni by Port Shepstone wat die afgelope naweek in hul huis vermoor is. Dit wil hierdie stadium voorkom of die egpaar tydens die rooftog wreed vermoor is. Beide het steekwonde aan die nek en […]

VF Plus in KwaZulu-Natal verwelkom ondersoek na Covid-19-korrupsie in Ugu-distriksmunisipaliteit

Die VF Plus verwelkom die ondersoek na die Ugu-distriksmunisipaliteit (Harding, Hibberdene, Margate, Pennington, Port Edward, Port Shepstone, Scottburgh/Umzinto North, Southbroom) se moontlike korrupsie met Covid-19-tenders. Volgens die KwaZulu-Natalse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Sipho Hlomuka, is daar vir die tydperk van 15 Maart tot 11 September 2020 R749,5 miljoen deur KwaZulu-Natalse munisipaliteite […]

Plaasmoord na veediefstal: Boere moet veiligheid voorop stel

Dit het onder die VF Plus se aandag gekom dat ‘n boer van Helpmekaar naby Dundee in KwaZulu-Natal verlede week vermoor is nadat daar glo vee van hom gesteel is op dieselfde dag. Mnr. Collin Leslie Brits (65) van die plaas Criagmillar in die Elandskraal-omgewing is in sy plaashuis oorval en geskiet terwyl hy glo […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.