Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Stop die voorgestelde naamsverandering van vier dorpe in die Dr. Beyers Naude-munisipaliteit

Die voorgestelde naamsverandering van vier dorpe in die Dr. Beyers Naude-munisipaliteit is nie in die beste belang van die munisipaliteit se inwoners nie.

Inwoners gaan gebuk onder swak dienslewering en probleme wat daarmee verband hou.

Die voorgestelde naamsveranderinge sal onaanvaarbaar hoë finansiële implikasies vir alle sfere van die regering inhou, terwyl dit geen bydrae sal lewer tot armoedeverligting, infrastruktuurontwikkeling of plaaslike ekonomiese groei nie.

Die Covid-19-pandemie, swak ekonomiese toestande en gepaardgaande finansiële implikasies, het infrastruktuurtekortkominge en ander probleme in die munisipaliteit vererger.

Die fokus van regering moet nou op die welstand van inwoners en op dienslewering wees, eerder as om verdere druk op die munisipaliteit se skaars hulpbronne te plaas.

Dit is ook onaanvaarbaar dat die ANC-regering name van dorpe wil verander om sodoende die geskiedenis en ontwikkeling van hierdie dorpe te misken.

Hierdie naamsveranderinge sal ‘n verbreking van die kompromie van 1994 wees waar ooreengekom is dat munisipaliteite nuwe name gegee word terwyl die dorpe en stede se name behou word.

Daarom word die munisipaliteit Dr. Beyers Naude genoem en bly die dorpe se name Graaff-Reinet, Aberdeen, Nieu-Bethesda en Adendorp uit erkenning aan die geskiedenis en diversiteit asook ‘n gelyke uitbeelding daarvan.

Ek die ondergetekende, teken hiermee beswaar aan teen die voorgenome naamsveranderinge van Graaff-Reinet na Robert Sebukwe of Fred Hufkie, Aberdeen na Camdeboo, Nieu-Bethesda na Kwa Noheleni en Adendorp na Kwa Mseki Bishop Limba weens die bogenoemde redes.

Stop die voorgestelde naamsverandering van vier dorpe in die Dr. Beyers Naude-munisipaliteit

"*" indicates required fields

Naam*
Toestemming tot kommunikasie en vertroulikheid van inligting:*
Hierdie werf word deur reCAPTCHA beskerm en Google se privaatheidsbeleid en diensbepalings is van toepassing.
DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.