fbpx
Vryheidsfront Plus

Wysigingswetsontwerp op Maatskaplike Hulpverlening: ‘n Verdere stap om maatskaplike afhanklikheid te skep

(Parlementêre debat)

 

Die Wysigingswetsontwerp op Maatskaplike Hulpverlening se motiewe klink edel, maar eindelik is dit niks anders nie as ‘n verdere stap om maatskaplike afhanklikheid aan die regering te verseker. Die wetsontwerp het wel positiewe aspekte, maar die grondslag is oorwegend kommerwekkend.

'n Onafhanklike tribunaal is 'n stap in die regte rigting en dit is bemoedigend dat daar in dié verband ag geslaan is op die voorstel van die betrokke parlementêre portefeuljekomitee. Dit sal lei tot beter toesig, maar is steeds nie genoeg nie.

Wanneer die bestaan van Suid-Afrikaners op die spel is, is dit belangrik om so deursigtig as moontlik te wees.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling en veral Sassa is gerysmier van korrupsie en 'n onafhanklike inspektoraat is waarskynlik die enigste wyse om dit effektief te bestry, solank dit nie ‘n verdere las op die belastingbetaler plaas nie.

Dit wek ook kommer dat daar met die instemming van die minister van finansies bykomende toevoegings tot die betalings kan wees soos tans die geval is met die Covid-19-toelaag. Dit skep verwagtings en kan deur die regering misbruik word tot sy voordeel. Dit kan ook probleme skep wanneer die bykomende betalings beëindig moet word.

Bykomende toevoegings skep eindelik nie gelyke geleenthede vir almal nie, maar eerder geleenthede vir sommiges. Die skep van verdere ongelykheid sal nie die probleem van 'n erg ongelyke samelewing behandel nie.

Die wet mag dalk die skyn hê om mense in nood te help, maar eindelik skep dit net groter afhanklikheid van behoeftiges wat eerder opgehef moet word deur ekonomiese groei en werkskepping.

Navrae: 082 490 6663

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.