Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Wykskomitee verkiesings in Tshwane-metro

Die Vryheidsfront Plus in Pretoria doen ’n beroep op alle belastingbetalers om deel te neem aan die wykskomitee verkiesings wat vanaf 28 Augustus plaasvind, het rdl. Sakkie du Plooy, VF Plus-raadslid in die Tshwane-metro gesê.

Belastingbetalers het elke vyf jaar die geleentheid om aktief by ’n wyksverkiesing betrokke te wees.

“Wykskomitees bestaan uit tien lede wat onder voorsitterskap van die verkose wyksraadslid maandeliks vergader. Gedurende die vergadering word probleme in die wyk op die tafel geplaas, oplossings gesoek en beplanning gedoen vir groter projekte.

Sulke projekte word mettertyd deel van die metroraad se geïntegreerde ontwikkelingsplan. Die komitee lewer ook insette vir die jaarlikse begroting van die metro,” sê rdl. du Plooy.

Die Vryheidsfront Plus steun die verkiesing van gemeenskapslede op wykskomitees in die 105 wyke in die Tshwane-metro. Dit bied aan inwoners die geleentheid om hul demokratiese reg uit te voer en gehoor te word.

“Demokrasie word deur die ANC beskou as die alleenstem van die meerderheid met uitsluiting van die stem en belange van minderhede. Kiesers en belastingbetalers het die demokratiese reg om gehoor te word. Hulle het die reg en verantwoordelikheid om aktief betrokke te wees in die wyke waar hulle woon en werk. So kry hulle die geleentheid om saam te werk aan die welstand van die mense in die wyk.

‘n Wykskomiteestelsel bied aan gewone inwoners en belastingbetalers hierdie geleentheid.

Wykskomitee verkiesings vind vanaf Dinsdag 25 Augustus tot 4 September plaas. Mense wat navraag wil doen oor die tyd en plek van die verkiesing in hul betrokke wyk, kan gerus 012 772 4410 skakel.

 

Sakkie du Plooy

VF Plus-raadslid: Tshwane-metro

sakkiedup@gmail.com

083 4489 473

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.