fbpx
Vryheidsfront Plus

Westcol-kollege kos studente hul toekoms

Verskeie studente wat aan die Westcol Kollege in Krugersdorp-Wes inskryf se toekomsdrome word na elke eksamen wat hulle skryf verwoes, sê raadslid Amanda de Lange, Wes-Rand streekleier en nasionale voorsitter van die vrouekomitee van die Vryheidsfront Plus.

“Klagtes van swak administrasie en aantygings van wanbestuur by dié kollege het ‘n werklikheid geword toe my eie seuns en vriende se kinders wat hier ingeskryf is, self bedroë daarvan afgekom het.

Volgens de Lange word die lys klagtes wat intussen aangemeld is, al hoe langer. “Studente se punte is ‘n totale gemors en nie hulle of hul ouers het iets om te wys vir hul studies by die kollege nie. Ek moes in Augustus noodgedwonge die minister van onderwys, Blade Nzimande, se kantoor skakel om in te gryp nadat ‘n amptenaar my seun vir ‘n verkeerde eksamenvak geregistreer het. Ek het by die hoof gaan kla, maar hy het net sy skouers opgetrek. Ons het hulle in Junie reeds versoek om die fout reg te stel, maar sonder reaksie.” sê de Lange.

Die argelose houding van Westcol Kollege se bestuur is skokkend en die feit dat daar geen aksie van hoër gesag is om die probleme aan te spreek nie, hou geen hoop vir studente in nie.

Hierdie klagtes is nie beperk tot een of twee studente nie. Jongmense stap hier in met ideale en toekomsdrome. Dit word egter verwoes nog voordat hulle ‘n kans gehad het om hulself aan die buitewêreld te bewys deur blote swak administrasie en onbevoegde bestuur.

De Lange sê voorts die Vryheidsfront Plus se vrouekomitee gaan ‘n dringende ondersoek aanvra rondom die kwaliteit en suksesse van kolleges regoor Gauteng. Daar word vir ‘n geruime tyd reeds in die media berig oor die ontoereikende standaard van onderwys in Suid-Afrika.

Ouers wat klagtes het oor wanpraktyke van kolleges kan dit aanmeld by help@vfplus.org.za.

Hierdie klagtes sal gedokumenteer en deurgegee word aan die Gauteng se Departement van Onderwys vir volledige ondersoek.

 

Amanda de Lange

VF Plus Raadslid, Mogale City/Wes-Rand streekleier

Kontak: 071 604 9498

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.