Die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit (WRDM) het onlangs ʼn verhoging in die vergoeding van raadslede goedgekeur ten spyte van ernstige finansiële uitdagings en waarskuwings van die VF Plus dat die munisipaliteit reeds worstel met kontantvloeiprobleme en ʼn onvolhoubare begroting.
Met meer as 90% van sy inkomste afkomstig van nasionale en provinsiale toelaes, behoort die WRDM eerder sy beperkte middele aan noodsaaklike dienslewering te bestee.
Dienste soos brandweer, gesondheid en rampbestuur val onder die munisipaliteit se mandaat en dit is onaanvaarbaar om raadslede se salarisse te verhoog terwyl inwoners die prys betaal in die vorm van gebrekkige diens.
Die VF Plus beskou die besluit as ’n aanduiding van ’n raad wat nie die belange van die gemeenskap eerste stel nie.
Raadslede staan in diens van inwoners en moet sorg dat finansiële hulpbronne aan dienslewering bestee word en nie aan selfverryking nie.


