Die VF Plus verwelkom die besluit van die Wes-Kaap se provinsiale parlement om βn ad hoc-komitee in te stel wat die patrone en tendense van misdaad in die provinsie gaan ondersoek.
Hierdie stap volg op βn vraag wat die VF Plus onlangs aan die premier, Alan Winde, gestel het oor waarom sy belofte om polisiebevoegdhede na die Wes-Kaap af te wentel, nΓ‘ sewe jaar nog nie gerealiseer het nie. Volgens die premier word Ε nuwe polisiΓ«ringsmodel oorweeg.
Alhoewel die mosie wat die komitee instel nie uitdruklik na die devolusie van polisiebevoegdhede verwys nie, beskou die VF Plus dit as βn stap in die regte rigting.
Die komitee se bevindinge kan waardevolle bewyse lewer van waar die huidige stelsel faal en watter bykomende magte, hulpbronne en funksies die Wes-Kaap nodig het om geweldsmisdaad meer doeltreffend te bekamp.
Die VF Plus is bemoedig deur die breΓ« steun wat tydens die sitting uitgespreek is vir die aanbevelings wat die party gemaak het. Dit toon dat daar βn groeiende bereidwilligheid is om gemeenskaplike grond te vind en saam te werk aan oplossings wat die veiligheid van inwoners eerste stel.
Die stryd teen geweldsmisdaad moet groter wees as partypolitiek. Waar daar gemeenskaplike grond is, moet partye saamstaan om die veiligheid van gemeenskappe te beskerm.


