Die VF Plus maan die publiek om versigtig te wees wie hulle in hul huise toelaat na nog ‘n aanval die week op ‘n kleinhoewe buite Westonaria in Gauteng.
‘n Gesin van drie is Maandagaand wreedaardig in hul huis op die kleinhoewe aangeval en met strykysters gebrand deur vyf aanvallers, waarvan 4 klapmusse gedra het.
Nadat een van die aanvallers ‘n oproep gemaak het, is die slagoffers beveel om hulle na die kluis in die kamer te neem waarna hulle met vuurwapens, geld, selfone en ‘n TV gevlug het.
Dit is duidelik dat iemand wat van te vore in die slagoffers se huis was relevante inligting aan die aanvallers verskaf het. Die boosdoeners het presies geweet waar die kluis was.
Binne-inligting maak toenemend deel van huis-en plaasaanvalle uit en die publiek sal voortaan agtergrondinligting en identifikasie-stelsels moet implementeer om moontlike aanvalle te voorkom.
Kontaknommers: 082 466 3786 / 062 391 1804