fbpx
Vryheidsfront Plus

Verkiesing 2019: “Slaan terug” teen korrupsie en onbevoegdheid sê VF Plus

Die tyd het aangebreek om ‘n streep in die sand te trek teen korrupsie en ‘n onbevoegde regering wat Suid-Afrika tot op die rand van ‘n ekonomiese afgrond gelei het.

Die VF Plus se verkiesingsboodskap aan die mense van Suid-Afrika is daarom dat daar nie langer gewag kan word om die land van ondergang te red nie.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het vandag voor ‘n volgepakte saal by die St. Georgespark-krieketstadion in die Oos-Kaap die boodskap gebring dat die situasie nie langer kan voortduur nie.

Die party se tema vir aanstande jaar se verkiesing is daarom: “Slaan Terug. Nou of Nooit.”

Suid-Afrika staan voor ekonomiese ineenstorting, misdaad is buite beheer en werkloosheid het ‘n kritieke kantelpunt bereik, veral onder die jeug waar dit reeds ‘n nasionale ramp is. Meer as 17 miljoen mense is afhanklik van maatskaplike toelaes, eiendomsreg word bedreig en dienslewering het tot ‘n stilstand gekom.

Hierdie lysie, wat die direkte maaksel van die ANC is, raak by die dag langer, en dit is tragies aangesien Suid-Afrika ‘n pragtige land met pragtige mense is. Die bestanddele vir sukses is daar, maar die ANC-regering het hiermee slegs rampspoed gebring.

Die VF Plus het nog altyd saam met die meeste welmenende Suid-Afrikaners sy hand uitgesteek om te help bou en welvaart te skep in die land, en is steeds bereid om saam te werk op die pad na voorspoed.

‘n Draaipunt is nou egter bereik waar die ANC nie langer tegelaat kan word om op sy vernietigingspad voort te gaan nie, en die hand van versoening kan nie langer onvoorwaardelik uitgehou word nie.

Kiesers het die volste reg om nou ‘n streep in die sand te trek en hom agter ‘n leier te skaar wat sê:

 

Slaan Terug teen onteiening sonder vergoeding.

Slaan Terug teen misdaad.

Slaan Terug teen korrupsie, wanbesteding en buitensporige belastings en tariewe.

Slaan Terug teen diskriminasie.

Slaan Terug teen swak dienslewering.

 

Die VF Plus wil hiermee saam ‘n boodskap van hoop bring. Dit is dat daar genoeg Suid-Afrikaners is wat graag in ‘n voorspoedige en vooruitstrewende land wil woon. Wat wil bou en nie afbreek nie.

Dit is wel moontlik indien al hierdie mense soos een hande vat en ‘n duidelike boodskap stuur aan die regering dat die streep nou getrek is voor ‘n regering wat sy mense in die steek laat en hul belastinggeld mors.

Vat nou die VF Plus se hand op die pad na ‘n werkbare Suid-Afrika. Registreer en stem in die volgende verkiesing. Dit is hoe kiesers kan wys hoe hulle terugveg teen ‘n onbevoegde regering. Dit kan nie langer uitgestel word nie.

Slaan Terug. Dit is Nou of Nooit.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.