fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Weermag-majoor afgedank oor haatspraak: VF Plus gaan voort met saak by Gelykheidshof

Nadat die VF Plus verlede week met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se begrotingsdebat in die parlement sy misnoeë te kennis gegee het oor die feit dat daar nie daadwerklik opgetree is teen ‘n majoor wat hom aan skokkende uitlatings op sosiale media skuldig gemaak het nie, is die majoor nou afgedank.

Die VF Plus het die aangeleentheid ook voor die debat bespreek met die minister, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, om die offisier (Vincent Mohlala) se adres te bekom sodat ‘n dagvaarding op hom bedien kan word.

In die debat het die VF Plus Mohlala as voorbeeld gebruik en gesê dissipline in die weermag ly daaronder as dit nie streng toegepas word nie, en om iemand wat hom aan sulke uitlatings skuldig maak slegs oor die vingers te raps, ondermyn dissipline.

Mohlala, wat gestasioneer was by die Wonderboom militêre basis in Pretoria, het ná die moord op emeritusprofessor Cobus Naudé (76) onder meer gesê: “Nou is dit wit mense se beurt. Hulle moes eintlik sy oë en tong uitgesteek het sodat die laaste mense wat hy kon sien, sy moordenaars was…”.

Die VF beskou hierdie uitlatings as haatspraak. Dit is baie ernstig veral oor die feit dat Mohlala ‘n lid van die weermag was en soldate geensins politieke uitsprake kan maak nie aangesien hul integriteit bo verdenking moet wees om alle mense in Suid-Afrika sonder vooroordeel te verdedig.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.