Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Waterkrisis in Theunissen laat inwoners weer sonder basiese dienslewering

Inwoners van Theunissen en Masilo is sedert Vrydag sonder water nadat ernstige lekkasies op die munisipaliteit se hoofwaterlyn ontstaan het. Herstelwerk kon nog nie begin nie weens die Masilonyana-plaaslike munisipaliteit se benarde finansiële posisie.

Geen stootskraper vir die werk is ook in die munisipaliteit beskikbaar nie aangesien diensverskaffers nie betaal is nie.

Dit volg nadat daar beslag gelê is op die munisipaliteit se bankrekeninge weens die finansiële krisis. Die munisipaliteit is vanaf Februarie 2026 onder artikel 139-ingryping geplaas nadat die Vrystaatse regering bevind het die ANC-beheerde raad kan nie meer sy grondwetlike verpligtinge nakom nie.

Hierdie krisis is nie bloot die gevolg van lekkende pype nie, dit is die direkte gevolg van jare se ANC-wanbestuur en kaderontplooiing.

Die ANC mag nooit weer toegelaat word om inwoners te ontneem van hul grondwetlike reg op toegang tot water nie.

Indien inwoners werklik verbetering en volhoubare dienslewering wil sien, moet hulle registreer om op 4 November VF Plus te stem om daadwerklike verandering te bring.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.