Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Waarskuwings oor vragmotors wat vassit in Bainskloofpas word geïgnoreer

Ondanks herhaalde waarskuwings en versoeke van die VF Plus aan die Wes-Kaapse provinsiale regering, die Drakenstein-munisipaliteit en die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit vir verskerpte optrede om te verhoed dat swaarvoertuie die Bainskloofpas gebruik, val dit steeds op dowe ore.

Die pas was sedert 10 Julie 2026 vir alle verkeer gesluit vir herstelwerk nadat vloede aansienlike skade aan die paaie en spesifiek in die pas aangerig het.

Die pas is skaars tien dae weer in gebruik en daar het reeds twee vragmotors die afgelope naweek vasgesit.

Die bal word intussen rondgeskop tussen die verantwoordelike regeringsfere sonder dat iemand die verantwoordelikheid wil neem oor die probleem.

Die VF Plus het ook al verskeie voorstelle vir oplossings ter tafel gelê maar ongelukkig is daar geen politieke wil om ʼn verbetering te bewerkstellig en sodoende ook die pas te bewaar nie.

Die hoeveelheid werksure wat verlore gaan om vragmotors weer op die pad te kry, beloop miljoene rande – wat natuurlik uit belastingbetalers se sakke kom.

Dit is tyd dat die betrokke rolspelers hul kant bring en daadwerklik met hierdie probleem handel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.