fbpx
Vryheidsfront Plus

Waarborg veiligheid van studente en dosente by Elsenburg, vra VF Plus in parlement

Die VF Plus het vandag in die parlement ‘n beroep op die polisie en die bestuur van die Elsenburg-landboukollege gedoen om die veiligheid van studente en dosente aan die instelling te waarborg.

Dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor polisie, het gesê die VF Plus doen ‘n beroep op die provinsiale en nasionale regering, asook die minister van polisie om in te gryp by Elsenburg aangesien hulle nagelaat het om die probleem betyds aan te spreek en te ontlont.

“U moet nou ingryp en doodseker maak dat mense se veiligheid gewaarborg word. Ons doen ook ‘n beroep op die bestuur van die kollege om met die polisie saam te werk en ongemagtigde persone toegang tot die kampus te weier,” het dr. Groenewald gesê.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.