fbpx
Vryheidsfront Plus

Vrystaatse regering moet oplossings vind vir agterstallige munisipale skuld

Die geskeduleerde kragonderbrekings wat die Letsemeng-plaaslike munisipaliteit (Koffiefontein, Luckhoff, Petrusburg, Jacobsdal) gaan ervaar as gevolg van die munisipaliteit se wanbetaling en mislukking om sy agterstallige skuld aan Eskom te vereffen, is tot nadeel van die ekonomie van hierdie munisipaliteit.

Die VF Plus gaan ‘n skrywe rig aan die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering, Thembeni Nxangisa, en vra dat die Vrystaatse munisipaliteite se agterstallige skuld aan Eskom dringend aangespreek word. Die party gaan ook 'n versoek rig aan die Vrystaatse Wetgewer dat die aangeleentheid in die portefeuljekomitee oor samewerkende regering bespreek word.

Die VF Plus dring daarop aan dat die Vrystaatse regering ingryp en hierdie situasie beredder deur daadwerklike oplossings vir die agterstallige skuld te vind. Daar moet op ‘n hoë vlak intervensie geskied om te voorkom dat die inwoners ly as gevolg van die munisipaliteit se onvermoë om sy agterstallige skuld te vereffen.

Dit is onaanvaarbaar dat die ANC-regering veroorsaak dat die ekonomie van munisipaliteite soos Letsemeng totaal en al tot stilstand kom tot nadeel van inwoners.

Kontaknommer: 084 206 3375

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.