Die Vrystaatse LUR van Finansies, me. Elsabe Rockman, se begrotingstoespraak was grootliks ‘n verkiesingstoespraak met die narratief van ‘n sogenaamde “goeie storie”. Volgens Wouter Wessels, VF Plus-lid in die Vrystaatse Wetgewer, is die Vrystaat se finansiële krisis te wyte aan die onvermoë van provinsiale departemente om gesonde finansiële bestuur toe te pas.
Die Vrystaat is die provinsie in Suid-Afrika wat die hoogste oorbesteding deur provinsiale departemente toon. Die department van Onderwys gaan na verwagting ‘n oorbesteding van R1 miljard toon. Daar bestaan tans geen duidelike plan om hierdie krisis aan te spreek nie.
“Die LUR en haar departement probeer hul bes om die begroting te midde van groot uitdagings te laat klop. Die feit dat kostebesparings nie effektief deur departemente geïmplementeer word nie en geen enkele departement voldoende toegerus is om debiteure in te vorder nie, veroorsaak dat die Vrystaat se finansiële posisie wankelrig sal bly,” het Wessels bygevoeg.
Die VF Plus twyfel of die voorwaardelike toelae van R681 miljoen weens die onbevoegdheid van die provinsiale departemente voor 31 Maart 2014 spandeer sal kan word.
Die Vrystaatse departement van gesondheid beleef tans ‘n enorme krisis grootliks te wyte aan finansiële tekortkominge en wanbestuur. Die mense van die Vrystaat se lewens word ingevaar gestel en hul word in die steek gelaat weens die feit dat hierdie kookpunt nie aangespreek word nie.
082 674 6670