fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

VF Plus in die Vrystaat het sy premierskandidaat en provinsiale lyste vir die komende verkiesing bekend gemaak

Mediaverklaring

Onlangse marknavorsing toon dat te midde van die politieke speelveld wat tans drasties anders lyk as in 2009, die VF Plus se steun grootliks toegeneem het. Die VF Plus is die enigste party wat die heropening van grondeise en strenger Swart Ekonomiese Bemagtigingsbeleid (SEB) sowel as regstellende aksie (RA) teenstaan in belang van Suid-Afrika in geheel.

Die VF Plus in die Vrystaat het sy premierskandidaat en provinsiale lyste vir die komende verkiesing bekend gemaak na afloop van ‘n provinsiale kongres en ‘n federale raadsvergadering waar hierdie lyste bepaal en goedgekeur is.

Mnr Wouter Wessels, nasionale jeugleier en lid van die provinsiale wetgewer vir die VF Plus, is tydens die provinsiale kongres eenparig as die premierskandidaat aangewys. 

Mnr Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF Plus in die Vrystaat het, gesê die VF Plus het die volste vertroue dat Wessels, wat reeds by mnr. Abrie Oosthuizen as wetgewerlid oorgeneem het, meer as opgewasse is om sy kandidatuur op te neem. 

Wessels dien op die uitvoerende dagbestuur, federale dagbestuur en tree as die nasionale tegniese verkiesingsbestuurder van die VF Plus op. Hy het aan die UV studeer en was voorheen as ‘n direkteur werksaam by die nasionale departement van landbou, bosbou en visserye.

Wessels het homself deur die jare bewys as `n persoon wat nie terugstaan vir die ANC nie.  Hy het tydens die debat oor die openingsrede van die Vrystaatse premier geëis dat die premier, mnr. Ace Magashule, die eerbare ding doen en bedank aangesien hy die Vrystaat in die steek gelaat het.

Van Niekerk het bygevoeg dat die Vrystaat se lys van kandidate vir die provinsiale wetgewer goed gebalanseerd is en sterk kandidate insluit.

Die Vrystaatse kandidatelys is as volg: 

Die VF Plus is vol vertroue dat die party gaan groei in die komende verkiesing. Die nasionale leier, dr. Pieter Mulder tesame met Wessels en van die ander Vrystaat kandidate, besoek vandag kiesers in Bloemfontein as deel van die party se afskop van sy veldtog in die Vrystaat en ‘n proses om die kiesers aan die party se verkiesingsmanifes bloot te stel.

 

JAN VAN NIEKERK

VRYSTAATSE LEIER: VF PLUS

083 743 2042 / (056) 625 0064

 

WOUTER WESSELS, LPW

082 674 6670

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.