fbpx
Vryheidsfront Plus

Vryheidsfront Plus verkies nasionale jeugleierskap

Die nasionale jeug van die VF Plus het by sy onlangse driejaarlikse verkiesingskongres raadslid Michal Groenewald eenparig tot nasionale jeugleier verkies.

Die voormalige jeugleier, mnr. Wouter Wessels, wat die afgelope vyf jaar die party as jeugleier gedien het, het homself nie weer verkiesbaar vir die amp gestel nie.

Wessels het tydens sy openingstoespraak die party bedank vir die geleentheid wat hy gehad het om die VF Plus se jeug te lei. Hy het bygevoeg dat die VF Plus-jeug 'n baie belangrike rol het om te speel veral inaggenome die huidige krisisse wat die jeug in Suid-Afrika ervaar. Hy meen dat eendersdenkende jeug moet opstaan teen die huidige anargie wat studente onder die dekmantel van "fees must fall" aanspoor.

Groenewald is sedert 1999 by die VF Plus betrokke en is die provinsiale jeugleier van Noordwes. Hy dien sedert 2011 as raadslid in die Matsolana-plaaslike munisipaliteit en dien ook op die dr. Kenneth Kaunda-distriksraad. Hy is tans die koukusleier van die VF Plus in die Matsolana-raad en dien as hoofsweep op die distriksraad. Hy was ook sedert 2009 die nasionale onderjeugleier.

Groenewald dien ook op die VF Plus se federale plaaslike regeringskomitee en op die provinsiale dagbestuur van Noordwes. Hy het verskeie verdere onderrig in besigheidsstrategie, kommunikasie en finansies voltooi en studeer tans vir 'n LLB-graad.

Die Vrystaatse provinsiale jeugleier, me. Tammy Wessels, is tydens die kongres as die nasionale onderjeugleier verkies.

Groenewald het gesê dat hy opgewonde is oor die termyn wat voorlê omdat daar 'n sterk dagbestuur verkies is wat die groot taak wat voorlê met entoesiasme sal aanpak.

Wessels meen dat hy glo dat sy opvolger die VF Plus-jeug baie suksesvol sal lei.

 

082 674 6670

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.