Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus pak ANC oor Panyaza Lesufi

Die VF Plus het gister tydens ‘n sitting van die Gautengse Wetgewer die ANC kaalvuis gepak oor Gauteng se LUR van onderwys, Panyaza Lesufi.

Hierdie warm debat het losgebars nadat ‘n mosie deur die opposisie ter tafel geplaas is om hulp-onderwysers aan te stel omrede daar te min onderwysers vir die aantal leerlinge in Gauteng is. Tans is daar tot veertig leerlinge per onderwyser in sommige skole.

Die ANC se J. Mpisi het weer op die ou storie gery oor die verlede van dr. Verwoerd en klomp aanhalings van Verwoerd aangehaal uit die vyftigerjare, maar kon geen werkbare oplossing daarstel om die bestaande probleme op te los nie.

Die VF Plus se Gautengse leier en LPW in die Wetgewer, mnr. Philip van Staden, het in die debat sterk op die ANC se Mpisi gereageer. Van Staden het dit duidelik gestel dat hierdie tipe van mosies nie nodig sou wees indien die LUR van Onderwys, Panyaza Lesufi, sy werk reg gedoen het nie.

“Ons sit met te min skole in Gauteng vir te veel leerlinge. Ons sit met te min onderwysers in Gauteng weens die feit dat die huidige onderwysers te bang is om hul werk te doen want die LUR gaan op hul nekke spring. Daarom neem ek niemand kwalik as hul nie as onderwysers opgelei wil word nie. Die LUR hou hom besig met politiekery in plaas daarvan om skole in krisisse by te staan. Ons het dit sopas beleef met die agbare Mpisi wat ure ingesit het om navorsing te doen oor wat Verwoerd in die vyftigs gesê het, pleks dat die agbare lid en die LUR eerder hul werk begin doen deur die onderwys in Gauteng reg en effektief te bestuur.”

Van Staden het aan die ANC gevra waarom die LUR nie vandag in die sitting is nie en hoekom Mpisi sy toespraak namens hom gelewer het. Van Staden het ook daarop gewys dat die LUR die grootste probleem in Gauteng se onderwysdepartement is.

“Die LUR moet ophou om ‘n politieke naam vir homself in die media te probeer maak deur skole se beheerrade onnodig te teiken. Hy moet eerder fokus om die onderwyskrisis in Gauteng op te los. Die regte ding vir die LUR om te doen sal wees om beheerrade en onderwysers saam te snoer in een span en om nie soos wat hy tans doen almal uitmekaar te jaag nie.”

 

Tel: 084 015 4722 / 060 556 4347

Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.