Vrye denke is die vyand van korrupsie en magsvergrype en dus per definisie die vyand van die ANC-regering, het Wouter Wessels, VF Plus-LPW, gedurende die sitting van die Vrystaatse Wetgewer gesê.
Wessels het gesê die feit dat die ANC nou sy eie parlementslede wat vir die mosie van wantroue in president Jacob Zuma gestem het, wil dissiplineer, dit bewys.
“Die feit dat die Suid-Afrikaanse skolestelsel in so ‘n skandelike toestand is, is verdere bewys daarvan.
“Die ANC kan nie vrye denke bekostig nie, want dan kan hulle nie meer hul kiesers met kospakkies, T-hemde en bangmaakstories oor witmense beheer nie,” het Wessels gesê.
Kontakbesonderhede: 082 674 6670