Die Covid-19-inperking het Suid-Afrika se ekonomie feitlik vernietig en het baie mense sonder 'n werk of inkomste, honger en in groot nood gelaat.
Inwoners van Mpumalanga het in dié moeilike tyd die VF Plus en mense in nood te hulp gesnel en sodoende gewys dat die gees van medemenslikheid deur skenkings alle pogings om steun aan gemeenskappe te beperk deur die verpolitisering daarvan, oorskadu.
Terwyl wetgewing wat hulp aanbetref so ontwerp is om gemeenskappe in hierdie tyd van nood van mekaar te skei, het boere, sake-eienaars en private persone vragte-vol voedsel asook kontant-donasies aan nie-winsgewende organisasies en voedingskemas geskenk.
Miljoene rand se voedselskenkings word tans van boere ontvang wat hul oeste stroop en selfs vee slag om behoeftiges te voed.
Die Vryheidsfront Plus wil hierdie onbesonge helde bedank en prys. Dit is mense wat, ondanks tye van politieke stormagtigheid, dit steeds in hul hart vind om soveel te skenk aan diegene wat so min het.
Kontaknommer: 084 652 9164