Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus waarsku Gauteng-regering oor misdaad

Die VF Plus se LPW in Gauteng, Philip van Staden, het vandag tydens ‘n sitting in die Gautengse wetgewer die publiek bedank vir hul deelname tydens gister se Swart Maandag-aksie.

Van Staden het in ‘n lidverklaring gesê dat meer as 72 plaasboere hierdie jaar vermoor is en dat nog moorde die afgelope week en gister plaasgevind het. Derduisende mense het gister landswyd hul misnoeë te kenne gegee en paaie is oral versper.

Hy het gesê die VF Plus het hierdie protesaksies ondersteun en dat die party in Gauteng nog meer sulke aksies gaan reël totdat die regering die mense se griewe aanhoor en iets daadwerkliks rondom die misdaadprobleem doen.

“Speaker die tyd het aangebreek dat plaasboere en gemeenskappe nog meer sulke protesaksies neem na die strate van ons dorpe en stede. Protesaksies sal in die toekoms al hoe meer plaasvind. Gister was ‘n bewys dat die regering se onvermoë om teen plaasmoorde op te tree letterlik die tier in die publiek wakker gemaak het en hierdie tier gaan nie maklik en vinnig tot ruste kom nie want genoeg is genoeg.

“Speaker te midde van hierdie krisis, sal die regering nie die probleem aanspreek nie want die regering is die probleem,” het Van Staden gesê.

 

Kontakbesonderhede: 0840154722

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.