fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra publiek op paraat te wees na nog ‘n moord in Gauteng

Suid-Afrikaners sal toenemend in alle opsigte elke dag paraat moet wees teen ‘n moontlike huis -of plaasaanval.

Die moord Saterdagaand op die 23 jarige Rowan Heine in Roodepoort ten tyde van ‘n huisaanval het dit opnuut onderstreep. Heine is volgens berigte deur huisrowers doodgeskiet terwyl hy besig was om die huis van sy vriendin se ma op te pas.

Die geweldskultuur in Suid-Afrika is ‘n simptoom van ‘n mislukte staat waar wetteloosheid hoogty vier.

Suid-Afrika benodig ‘n nuwe bedeling met ‘n waardestelsel waar die lewens van mede-Suid-Afrikaners gerespekteer word.

Die VF Plus simpatiseer met die familie en naasbestaandes van die slagoffer.

 

Kontaknommer: 082 466 3786 / 062 391 1804

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.