Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra ondersoek na diensvoertuie se padwaardigheid na ongeluk op Wellington

Die VF Plus het ‘n skrywe gerig aan die munisipale bestuurder van die Drakenstein-plaaslike munisipaliteit (Gouda, Paarl, Saron, Wellington), dr. Johan Leibrandt, om ondersoek in te stel na die padwaardigheid van alle diensvoertuie van die munisipaliteit.

Dit word genoodsaak ná ‘n ongeluk waarby ‘n vullistrok van die munisipaliteit betrokke was. Die voertuig se toestand het veel te wense oorgelaat. Die VF Plus wil ook weet of daar ‘n formele onderhoudsprogram vir munisipale voertuie bestaan en of dit streng gevolg word.

Die ongeluk het plaasgevind in Wellington, op die hoek van Berg en Dalstraat en Genl. Hertzoglaan, nadat die trok se remme na bewering onklaar geraak het.

Indien daar gebrekkige onderhoud aan die voertuig gedoen is, was hierdie ongeluk die direkte gevolg van growwe nalatigheid en ‘n totale gebrek aan verantwoordelikheid vanaf die uitvoerende bestuur van Drakenstein.

Volgens foto’s lyk die voertuig in ‘n uiters gehawende toestand en dit is moeilik om te glo dat dit ‘n padwaardigheidtoets in Februarie geslaag het soos die munisipaliteit beweer. Die ongeluk kon gelei het tot lewensverlies en erge beserings van munisipale werkers en die publiek.

Geen munisipaliteit wat jaar na jaar skoon oudits kry, se diensvoertuie behoort in so swak toestand te wees nie.

Dr. Leibrandt het aan die VF Plus bevestig dat hy ‘n onafhanklike ondersoek aangevra het en ‘n aantal stappe is reeds ingestel om seker te maak die voertuie is in ‘n beter toestand. Die VF Plus sal seker maak dat dit wel gedoen word.

Die party sal druk op die Drakenstein-munisipaliteit uitoefen om alle diensvoertuie ‘n padwaardigheidstoets te laat ondergaan om seker te maak dit is veilig op die pad.

Navrae: 081 556 8224

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.