fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra Japanse regering en OECD om Hitachi SA te ondersoek

Benewens ‘n versoek tot die Openbare Beskermer (OB) om die beweerde korrupte verhouding tussen Hitachi SA en die ANC te ondersoek (wat vandag reeds ingedien is), gaan die VF Plus ook vra dat die Japanse regering en die internasionale OECD-konvensie se oorsigliggaam dit ondersoek, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor openbare ondernemings.

Suid-Afrika is ‘n ondertekenaar van die OECD-konvensie wat hom daarop toespits om bedrog in internasionale saketransaksies deur buitelandse amptenare in ‘n land te beveg (OECD Convention on Combating Bribery of Foreign Public Officials in International Business Transactions).

Adv. Alberts sê die VF Plus sal die Japanse regering deur sy ambassadeur in Suid-Afrika versoek om in terme van die verpligtinge opgelê deur die OECD-Verdrag kriminele ondersoeke en vervolging te inisieer teen Hitachi en sy amptenare. Die VF Plus gaan ook versoek dat die Japanse regering die Suid-Afrikaanse regering verplig om in terme van die OECD-Verdrag insgelyks ‘n ondersoek en vervolging te loods teen die Suid-Afrikaanse betrokkenes.

Wat die klagte betref aan die Openbare Beskermer, het die VF Plus verder versoek dat die OB ‘n ondersoek instel na die moontlikheid dat Chancellor House hom skuldig gemaak het aan die nuwe misdryf van “fronting” vervat in die gewysigde Breë-gebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtigingswet.

Dit sal gedoen word teen die agtergrond van die verdoemende uitlatings van die Amerikaanse beleggingswaghond Securities and Exchange Commission (SEC) wat Chancellor House Holdings bestempel as ’n “front” waardeur die ANC geld kon maak uit die kontrakte met die Japanse groep Hitachi in Suid-Afrika.

Die beweerde korrupsie in die vorm van “onbehoorlike betalings” het gespruit uit kontrakte wat die ANC se beleggingsarm Chancellor House ontvang het vir werk by die kragstasies Medupi en Kusile.

In nog ‘n verwikkeling het die VF Plus vasgestel dat die OECD einde verlede jaar ‘n uiters verdoemende verslag uitgereik het oor Suid-Afrika se onwilligheid om op te tree teen internasionale omkopery en korrupsie en die vinger word direk na die ANC-regering gewys.

Die titel van die verslag is: ‘Phase 3 Report on Implementing the OECD Anti-Bribery Convention in South-Africa’. Die sub-opskrif lui: ‘Lack of enforcement jeopardises South Africa’s fight against foreign bribery; OECD concerned that political an economic considerations may be an influence’.

Op bladsy 9 van die lywige verslag van 87 bladsye word onder meer gesê (onder die hofie ‘Bribery of Foreign Public Officials’):

‘Corruption remains a serious problem in South Africa. The country has experienced a number of high profile domestic corruption scandals, and corruption allegations have been linked to the highest levels in government.’

Ook: ‘Corruption in public procurement tenders has been a particularly serious problem…’. Dit noem voorts dat die hoof van die Spesiale Ondersoek-eenheid (SOE) reeds in 2011 aan die parlement verslag gedoen het oor die feit dat tussen R25- en R30 miljard – sowat 20% van die land se totale jaarlikse verkrygingsbegroting, weens ‘korrupsie, onbevoegdheid en nalatigheid’ verlore gegaan het.

Adv. Alberts sê dit is duidelik dat die wêreld se oë vinnig oopgaan oor die misdadigheid in die ANC-regering wat nou oral sigbaar word.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.